Lynnies: Akademie

Die doel van hierdie webblad is om vir leerders en ouers 'n portaal te skep waar alle akademie gerugte inligting gevind kan word.

Die skool se amptelike webblad word slegs vir bemarking aangewend. Hierdie webblad is dus slegs vir ouers met leerders wat reeds ingeskryf is. Indien u die skool se bemarkings webblad wil besoek kan u gaan na: https://www.lynnwoodlaer.co.za 

Microsoft Teams

Om ouers en leerders tuis te ondersteun sal die skool in die toekoms van Microsoft Teams gebruik maak. Microsoft Teams sal aangewend word as 'n adisionele hulpbron en sal nie bestaande kommunikasiekanale vervang nie.

Tydens COVID-19


Bestaande kanale wat goed werk sal steeds die primêre kanale bly. Dus sal ons steeds van die d6 en WattsApp gebruik maak soos in die verlede.

Videos op hierdie bladsy speel vanaf Youtube.

Ek het ondervind dat sommige videos van Youtube slegs speel indien u gebruik maak van die Chrome browser en ingeteken is met 'n G-suite (Google) rekening. Die meeste videos werk egter sonder hierdie beperking. Indien die video wat jy wil kyk nie binne Safari, Edge of Firefox wil speel nie - copy die link en paste dit binne Chrome. Maak dan seker dat jy ook ingeten is met jou "Google account". 

 Microsoft Teams

WAT IS MS TEAMS?

Kyk asb die kort video: Microsoft Teams by Laerskool Lynnwood {artsexylightbox color="white"}{/artsexylightbox} video.

Microsoft Teams is sagteware wat ‘n kommunikasie- en samewerkingsplatform skep.

Dit bied kletsgroepe, videobyeenkomste, lêerberging (insluitend lêersamewerking) en toepassingsintegrasie vir werkgroepe.

Die diens integreer met die produktiwiteitsuite van Office 365 en bevat uitbreidings wat kan integreer met nie-Microsoft-produkte.

WAT MOET EK DOEN OM MS TEAMS OP MY REKENAAR/TABLET/SLIMFOON AF TE LAAI?

Die skool maak gebruik van Microsoft se "A1 Education" ooreenkoms. Dit beteken dat die skool vir alle personeel en leerders toegang kan gee tot 'n reeks Microsoft produkte, sommiges slegs deur die WebApp en vir ander is daar aflaaibare "Apps" wat op jou rekenaar of tablet geïnstalleer kan word.

Jou beginpunt is altyd microsoft 365 se landingsbladsy https://www.office.com 

Ek skep vanaf díe webblad slegs skakels wat jou na hierdie bladsy neem. Hier teken jy in met die gebruikersnaam en wagwoord wat deur jou voog onderwyser na jou gestuur sal word.

Gaan na https://www.office.com

Office.com

Jou gebruikersnaam is jou (leerder) Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. bv. Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

Jou tydelike wagwoord is 'n wagwoord wat deur Microsoft gegenereer was toe die proefiel geskep was. Jy sal die wagwoord moet verander tydens die eerste inteken proses. Let asseblief daarop dat Microsoft streng reëls het waaraan 'n wagwoord moet voldoen. Dit kan soms frustrerend wees om 'n wagwoord op te stel wat voldoen aan die regte kombinasie van hoofletters, kleinletters en spesiale karakters. Volg asseblief hulle instruksies in die verband.

Teken in met jou e-pos adres as jou gebruikersnaam en jou wagwoord.

Nou is jy in die Microsoft portaal waar al jou sagteware gereed lê om in die webbroser gebruik te word. Indien daar 'n aflaaibare weergawe by die ooreenkoms ingesluit is sal die "download" knoppie beskikbaar wees. Soos vroeër reeds gesê is sommige sagteware volgens die "Microsoft A1 ooreenkoms slegs deur die webapp beskikbaar. Indien hulle vir ons 'n aflaaibare weergawe gee sal daar 'n download software knoppie wees. Vir Word, Excel, PowerPoint en Outlook verkry ons slegs toegang deur die webapp. 

 As jy in die Teams "webapp" ingaan sal jy egter opmerk dat daar 'n aflaai (Download) skakel is. Hier kan jy die "app" aflaai en installeer.

Download Teams App

Die volgende video verduidelik hoe Teams gebruik word. Daar is baie soortgelyke videos maar ek wil nie mense oorweldig nie. Soek gerus op Youtube vir soortgelyke videos. Ek sal later meer plaas.

Learn Microsoft Teams in 7 minutes {artsexylightbox color="white"}{/artsexylightbox} video.

Sodra die "vergadering / les" opgestel word sal dit 'n kennisgewing in elke persoon wat genooi is om deel te neem aan die "vergadering / les" se kalender geplaas word jy behoort ook kennisgewings op jou foon, tablet of rekenaar te ontvang maar dit sal van jou persoonlike opstelling afhang. Jy sal herinner word om by die les aan te sluit voor die les begin. Jy kan 'n foon tablet of rekenaar gebruik om by die les aan te sluit. Kliek net in die uitnodiging op "Join".

Die volgende hulpbronne is voorbeelde van hulpbronne wat aangewend kan word tydens 'n "vergadering / les". Teams intergreer egter met alle Microsoft produkte en ook met baie nie-Microsoft produkte.

  • Powerpoint
  • Youtube
  • Visualizer
  • Whiteboard
  • Pdf-dokument
  • Webwerwe

Les meteriaal en bronne sal steeds gestoor word binne die d6.

Teams se "Assignments" is 'n funksie in Teams wat deur onderwysers gebruik kan word indien nodig. Skool sal soos altyd normaal voortgaan, Teams is slegs 'n nuwe hulpbron om ons tydens hierdie tydperk waar kontak onderrig nie moontlik is nie te help. Normale kommunikasie sal steeds voortgaan met d6 en WhatsApp. Teams is vir almal nuut en vreemd. Vir sommige sal dit makliker as vir ander wees. Kom ons help mekaar met hierdie leerproses.